Michael Schumacher | |
---|---|
Michael Schumacher in 2010
| |
Geboortedatum | 3 Januarie 1969 |
Geboorteplek | Hürth, Wes-Duitsland |
Nasionaliteit | Duitser |
Aktiewe jare | 1991–2006, 2010–2012 |
Ou span(ne) | Jordan, Benetton, Ferrari, Mercedes |
Motornommer | 7 |
Inskrywings | 308 (306 wegspronge) |
Kampioenskappe | 7 (1994, 1995, 2000, 2001, 2002, 2003, 2004) |
Oorwinnings | 91 |
Podiums | 155 |
Loopbaanpunte | 1 566 |
Voorste wegspronge | 68 |
Vinnigste rondtes | 77 |
Eerste F1-wedren | 1991 Belgiese Grand Prix |
Eerste wen | 1992 Belgiese Grand Prix |
Laaste wen | 2006 Chinese Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2012 Brasiliaanse Grand Prix |
Michael Schumacher (gebore 3 Januarie 1969) is 'n voormalige Duitse Formule Een (F1) renjaer. Ten tye van sy ski-ongeluk was hy statisties die mees suksesvolle Formule Eenjaer ooit, met die meeste loopbaanoorwinnings (sir Lewis Hamilton het hom op 1 November 2020 verbygesteek) en 'n rekord aantal van sewe Wêreldrenjaerkampioenskappe. Sy byname is die rooi baron, Schumi en hy het ook na sy verstommende oorwinnings, tydens sy eerste seisoen vir Ferrari in nat weer, as die regenmeister bekend gestaan. Met ingang 2004 het hy na raming jaarliks ongeveer VS$80 miljoen verdien; insluitende al sy onderskrywingsooreenkomste. 'n Bekende Duitse beleggingsfirma het hom onder andere VS$8 miljoen betaal oor 'n tydperk van drie jaar vir die voorreg om 'n 10 cm lange advertensie op sy keps te plaas wat hy na afloop van elke wedren gedra het.